Nou beskikbaar

Kry nou jou boek!

Die nuutste vrystelling is nou beskikbaar teen R230, posgeld ingesluit.

    Ons respekteer jou privaatheid en alle kommunikasie is slegs bedoel vir toestemmingskommunikasie. Indien jy voel dat hierdie e-pos ongevraagd is, stel my in kennis.

    “Die afgebrande huis was die enigste getuie dat daar mense geleef het. Drie vars grafte onder die boom het sy eie storie vertel. ʼn Storie wat nooit oorvertel sou word nie, die bitterheid daarvan soos aalwynsap wat jy liefs vermy.”

    Celeste Reyneke

    Juweel van die Oosgrens

    Uitnodiging
    Ek nooi jou om saam met my op hierdie reis te gaan en nie net die spanning van hierdie tydperk te ervaar nie, maar ook die romanse te vind in die grasvlaktes van ons mooi land.
    Lynelle Clark

    Oorsig
    1815 is gekenmerk deur aanpassings, afstande en onluste. In die midde hiervan het Celeste Reyneke geleef. Op haar agtiende verjaarsdag verander haar lewe dramaties en eindig op in ‘n gerieflikheidshuwelik. Twee jaar later moet sy die wêreld weer alleen in die gesig staar en beland op die Oosgrens. Die tweejaar-lange huwelik was alles behalwe maanskyn en rose en eindig traumaties. Ontnugterd volg sy die pad die binneland in.